Die minister van Samewerkende Regering en Tradisionele Sake, Velenkosini Hlabisa, het spazawinkel-eienaars aangemoedig om te verseker dat hul winkels voor Maart geregistreer is.

Die sperdatum is vroeër op publieke aandrang uitgestel van 13 Desember tot 28 Februarie. Die vereiste vir registrasie is ingestel ná die dood van meer as 20 kinders weens besmette eetgoed uit spazawinkels.

Hlabisa sê sy departement werk baie nou met ander departemente saam om te verseker dat die vereistes nagekom word.

Hy sê geen verdere uitstel sal gegee word nie.

error: Inhoud is beskerm !!