Nosiviwe Mapisa-Nqakula, speaker van die Nasionale Vergadering, het die hooggeregshof genader om te keer dat sy inhegtenis geneem word. In hofstukke wat Netwerk 24 vandag onder oë gehad het, vra Mapisa-Nqakula vir ‘n interdik teen adv Shamila Batohi, nasionale direkteur van openbare vervolgings, Bheki Cele, die minister van polisie en drie ander respondente wat sal verhinder om haar in hegtenis te neem.

In ‘n verklaring sê die speaker sy vrees dat die strafregstelsel en die staat se mag oor vervolging as ‘n politieke wapen teen haar misbruik word. Sy vra die hof ook dat haar regspan dadelik voorsien word van die volledige polisiedossier, verklarings van getuies, bewysstukke, aantekeninge van ondersoekers en polisiebeaptes asook informante dossiere. Mapisa-Nqakula het gisteraand aangekondig sy gaan met spesiale verlof in die lig van dreigende inhegtenisneming weens beweerde korrupsie.

error: Inhoud is beskerm !!