Die DA het amptelik ‘n klag teen die speaker van die parlement, Nosiviwe Mapisa-Nqakula, ingedien.
Die party het die klag vandag by die parlement se gesamentlike komitee oor Etiek en Ledebelange ingedien. Die klag volg op bewerings dat Mapisa-Nqakula by korrupte aktiwiteite betrokke was terwyl sy die minister van Verdediging en Militêre Veterane was.
Mapisa-Nqakula het die bewerings ontken. Die DA-hoofsweep in die parlement, Siviwe Gwarube, sê die feit dat die speaker van die parlement die aantygings in die gesig staar, bedreig die integriteit van die instelling.