Die Speaker van SA se Nasionale Vergadering, Nosiviwe Mapisa-Nqakula, sê sy is geskok oor mediaberiggewing dat sy haarself gister op aanklagte van korrupsie aan die
polisie oorgegee het.

Eyewitness News berig sy pak die skuld vir die verspreiding van hierdie bewerings op UDM-leier, Bantu Holomisa. In ‘n plasing – op dit wat na die amptelike profiel van Holomisa lyk – word gemeld sy is in hegtenis geneem en dat sy gisteroggend om negeuur in die hof in Pretoria sou verskyn.

‘n Ondersoek is tans onderweg na beweerde korrupsie tydens haar termyn as minister van verdediging. Mapisa-Nqakula word daarvan verdink dat sy miljoene rand as omkoopgeld van ‘n voormalige militêre kontrakteur ontvang het.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×