Daar is dalk goeie nuus in die nabye toekoms wat die prys van tradisionele ontbytkos betref, het ‘n senior landbou-ekonoom by FNB, Paul Makube, gesê. Mabuke het aan Netwerk 24 gesê neigings toon dat die prys van ontbytkos en ander voedselsoorte in die komende maande sal normaliseer of selfs kan daal. Hy het gesê die rede daarvoor is die wêreldpryse van kunsmis en ander belangrike landbouprodukte wat die afgelope tyd gedaal het. Die besparings kan moontlik aan verbruikers deurgegee word. Die opwaartse druk van pryse wat die land die afgelope maande beleef het gaan in die somermaande verminder, het Makube gesê. Die produksie van eiers het verbeter na ‘n daling in die graanpryse wat boere gehelp het om winskoerse weer te herstel. Tydens die eerste ses maande van die jaar het die prys van spek met 15,5% gedaal en die prys van ham met 0,2%.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×