Die sperdatum vir skriftelike kommentaar oor die omstrede Wysigingswetsonwerp op Basiese Onderwyswette, of Bela, is tot 31 Januarie verleng.
Die wysigings, waarvolgens skoolbeheerliggame van die mag gestroop sal wees om beleidsbesluite oor taal en toelating by openbare skole te neem, word wyd gesien as ‘n direkte aanval op Afrikaans.
Die Portefeuljekomitee oor Basiese Onderwys, reken dit is onafwendbaar dat hierdie magte weggeneem word.
Daar is vroeër berig Angie Motshekga, minister van basiese onderwys, sê alle staatskole se taal- en toelatingsbeleid, asook gedragskodes, moet deur die landswette gerig word. Kenners meen dit kan ‘n doodskoot vir Afrikaans wees.