Die land se Spesiale Ondersoekeenheid het ‘n samewerkingsooreenkoms met Interpol se Nasionale Sentrale Buro vir Suid-Afrika onderteken.

Hiervolgens sal die eenheid nou direkte toegang tot Interpol se inligtingstelsel verkry.

Benewens voordele met betrekking tot allerlei ondersoeke, sal die ooreenkoms veral ten opsigte van die bekamping van kubermisdaad, waarde toevoeg.

Interpol sal die ondersoekeenheid ook van bygewerkte opleidingshulpbronne voorsien.

Advokaat, Andy Mothibi, sê die ooreenkoms strook met die SOE se visie om data-analise en forensiese kapasiteit te bou.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×