Speurders wat werk aan die saak van die sesjarige Joslin Smith wat meer as ʼn maand gelede verdwyn het, is besig om nuwe leidrade op te volg. Dít nadat kledingstukke en ʼn stuk been in ʼn verstopte drein gevind is waar een van die verdagtes in Joslin se ontvoering glo ook vroeër gewaar is.

Luidens berigte is die klere besmeer met wat soos bloed lyk. Die klere behoort ook glo aan een van die beskuldigdes wat op aanklagte van mensehandel tereg staan. Netwerk 24 berig inwoners van Noorddamstraat in Diazville by Saldanha het die polisie Woensdag oor die klere ingelig nadat munisipale werkers dit twee weke gelede uit ‘n drein in die straat gehaal het. Klein Joslin se ma Kelly Smith, haar kêrel Boeta Appollis, en nog twee verdagtes is steeds in aanhouding.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×