Die mediese aanbeveling dat ‘n polisiebeampte met trauma-verwante komplikasies, nie verder as speurder behoort te werk nie, is na bewering verontagsaam weens ‘n tekort aan speurders.

Sersant Tieli Daniel Gabu, van die Marquard-polisiekantoor, sê aan Daily Sun hy was met tye so depressief oor sy werksomstandighede dat hy in 2023 selfs probeer het om sy eie lewe met sy dienspistool te neem. Gabu het hom intussen tot sosialemedia gewend om sy griewe te lug.

Polisiewoordvoerder, brigadier Motantsi Makhele, sê Gabu het ‘n eed onderteken dat werkgewer/werknemer-aangeleenthede nie met enige eksterne partye, wat ook die media insluit, bespreek mag word nie. Die Distrikskommissaris gee skynbaar nou aandag aan Gabu se saak.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×