SPIESGOOI – Die Olimpiese silwermedaljewenner, Jo-Ane van Dyk, se ouers sal vergoed word vir die geld wat hulle gebruik het om haar te help voorberei vir die Parys Spele.
Dit is deur die minister van Sport, Kuns en Kultuur, Gayton McKenzie, op sy X-rekening aangekondig.
McKenzie se aankondiging kom nadat Van Dyk aan TimesLive vertel het hoe haar ouers haar finansieel op haar reis ondersteun het.
Van Dyk het met die silwermedalje in spiesgooi weggestap.