Die SAUK ontken dat daar meer as 20 spook werkers in die maatskappy is, maar gee toe bedrog is met vryskut kontrakte gepleeg. Netwerk 24 berig tot op hede is drie mense geidentifiseer wat salarisse verdien het sonder om enige werk vir die SAUK te doen. Die openbare uitsaaier het gereageer op ‘n naamlose epos wat die naweek op sosiale media versprei is oor die betaling van spook werkers in die nuus afdeling. Die SAUK se groephoof vir nuus en aktuele sake, Moshoeshoe Monare, het gesê ‘n uitgebreide ondersoek is begin na vryskut kontrakte wat korrupte en bedrieglike betalings ontbloot het. Een van die bestuurders wat ondersoek is, het onmiddellik bedank terwyl ander personeellede aan tug prosesse onderwerp gaan word. Die SAUK het gesê van die sake sal na die polisie verwys word.

 

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×