SPORT – Die 2024 Toyota Suid-Afrikaanse Sport Vereniging Vir Fisiese Gestremdes se Nasionale Kampioenskappe begin ook vandag in Bloemfontein.
Daar sal in onder meer in Judo , Gewig Optel , Boccia , Fietsry , Swem , Atletiek en Doelbal meegeding word.
Louzanne Coetzee, silwer en brons medalje wenner by die 2020 Tokio Paralimpiese Spele het Donderdagaand met die opening van Nasionale Kampioenskappe in die Callie Human Sentrum ook ’n boodskap van hoop met haar mede atlete gedeel.
*Die kampioenskappe duur tot Maandag waar daar by verskeie sentrums en venues in Bloemfontein meegeding sal word.