Wat vergoeding en borgskappe betref, stap mans in die sportwêreld steeds met die louere weg.
President Cyril Ramaphosa skryf in sy Maandag-nuusbrief, dat gelyke betaling vir gelykstaande werkverrigting, ‘n grondbeginsel van geslagsgelykheid is.
Hy het dit vlak voor Vrouedag duidelik gestel dat die sportgemeenskap nie anders behoort te werk nie.
Ramaphosa het Suid-Afrikaanse sportvroue en vroue-sportspanne wat tot dusver vanjaar uitgeblink het, die lof toegeswaai.
Volgens hom is hulle prestasies tekenend van ‘n lang pad wat reeds gestap is, vir vroue om volwaardige en gelyke deelnemers in alle sfere van die
samelewing te wees.