Die voormalige Springbokslot Hannes Strydom is Sondagaand in ‘n motorongeluk oorlede. Strydom se vrou, Nikolie, het die nuus aan Netwerk 24 bevestig. Strydom, ‘n apteker van beroep, was 58-jaar oud. Hy was ook ‘n lid van die Springbokspan wat in 1995 die eerste keer die Wêreldbeker gewen het. Die ongeluk het volgens sy vrou op die N4 net voor Witbank in die rigting van Pretoria gebeur. Nikoli het vanoggend gesê sy het nog geen verdere inligting oor die wat tydens die ongeluk gebeur het nie. Strydom het in 21 toetse gespeel en provinsiaal vir Transvaal en Noord-Transvaal uitgedraf.