Die hooggeregshof in Johannesburg het Vrydag verneem dat die staat ‘n allemintige eenduisend-600 bladsye se bewyse teen Babita Deokaran se vermeende moordenaars het. Die fluitjieblaser Deokaran is verlede jaar Augustus in ‘n koeëlreën op haar motor buite haar huis in Mondeor, suid van Johannesburg dood. Die ses mans wat vir die misdaad in hegtenis geneem is, het gister hul eerste verskyning in die hooggeregshof gemaak nadat die saak in April van die Johannesburgse streekhof oorgeplaas is.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×