Die regering kyk na die private sektor om te help met die opgradering van Suid-Afrika se grense met buurlande. Dit behels vennootskappe tussen die staat en die private sektor om grensposte met moderne infrastruktuur en tegnologie toe te rus, het die minister van binnelandse sake, Aaron Motsoaledi aan Netwerk24 gesê. Volgens die departement sal die opgraderings help om streekhandel tussen die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SAOG) te verbeter, die onwettige beweging van goedere en mense te stop, en help met effektiewe migrasie tussen die lande. Suid-Afrika het 72 toeganggrense, waarvan 53 landtoegangsgrense is, 11 internasionale lughawens en agt seehawens. 

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×