Die borgtogverhoor van Werner de Jager, wie vir die moord op sy vrou, dominee Liezel tereg staan, sou gister in die landdroshof in Amanzimtoti begin, maar die staat het vir uitstel gevra.
Werner se borgtog-woonadres in Potchefstroom, is eers Maandag deur sy regspan aan die staat verskaf, en kon dus nog nie deur die ondersoekbeampte bevestig word nie.
Die 45-jarige beskuldigde is einde November in Bloemfontein in hegtenis geneem, twee jaar ná die wurgdood van sy vrou.
Die 38-jarige Liezel se liggaam is op 13 Oktober 2021 op die erf van die pastorie gevind. Sy was ’n leraar van die NG-kerk Suidkus op Amanzimtoti.
Werner se borgtogverhoor begin na verwagting eerskomende Maandag.