Dit het aan die lig gekom dat staatsdepartemente teen einde Maart, die einde van die boekjaar, soveel as R10,7 miljard aan verskaffers verskuldig was. Dit is ʼn toename van 55% teenoor die R6,8 miljard se fakture aan die einde van die vorige boekjaar. Dit is volgens die jaarlikse verslag wat deur Nasionale Tesourie uitgereik is oor die laat en wanbetalers van die staat.
Volgens wetgewing moet die staat sy verskaffers binne 30 dae van ontvangs van ʼn faktuur betaal. Die grootste sondebokke was die Departement van Verdediging, gevolg deur Landbou, Grondhervorming en Landelike Ontwikkeling en Openbare Werke.