Die Staatsdienskommissie het gevra vir gevolge vir staatsdepartemente wat versuim om diensverskaffers te betaal. Die kommissie sê laat of nie-betaling van diensverskaffers bly ’n ernstige probleem in die land.
Die verklaring van die kommissie het gevolg op ‘n verslag deur die Nasionale Tesourie wat kommer wek oor staatsdepartemente se versuim om diensverskaffers betyds te betaal. Luidens die verslag moet meer as R10 miljard se fakture nog aan maatskappye wat in die 2023/2024-boekjaar met nasionale en provinsiale regerings sake gedoen het, betaal word.