Meer as 50 staatshoofde van Brics-lande, die VN sekretaris-Generaal, Antonio Guterres, ministers en ander belangrike gaste in die sakewêreld en akademie, is gisteraand by Gallagher Estate hartlik deur die Suid-Afrikaanse President, Cyril Ramaphosa verwelkom na afloop van die tweede dag van die Brics-beraad. Netwerk 24 berig Ramaphosa het tydens sy verwelkomingsboodskap gesê dat die Brics-lande meer as drie miljard mense wêreldwyd verteenwoordig. Opmerklik was dat Ramaphosa en oudpres Jacob Zuma hartlik blad geskud het. Brics-lede het gister klem gelê op die toelating van nuwe lande en die besluit sal vandag aangekondig word.
