Terwyl alle se oë op Suid-Afrika is, waar die 15de jaarlikse Brics-beraad gister in Sandton begin het, sal staatshoofde van reg oor die wêreld, tot vroegmiddag SA-tyd moet wag, om te hoor wat in vanoggend se geslote sessies bespreek is.
Die vyf lidland-leiers sit vanoggend koppe in ‘n geslote sessie bymekaar, wat volgens netwerk24 oor die vennootskap tussen Brics en ander Afrikalande handel.
Hierna sal elkeen ‘n beurt kry om sy terugvoer oor die verloop van die beraad tot op hede te gee.
Dié “oop” sessie word dan deur nóg ‘n geslote gesprek tussen die leiers gevolg.
President Cyril Ramaphosa sal na verwagting teen middagete-tyd die media toespreek om verslag oor die oggend se verrigtine te doen.