President Cyril Ramaphosa sê die haglike toestand van hawens, en van die land se spoornetwerk is deels aan staatskaping toe te skryf. Die regering moet volgens die president erken hy beskik nie oor die nodige hulpbronne om hierdie vervalle infrastruktuur op te gradeer nie.
Hy sê steun vanuit die private sektor om herstel moontlik te maak, beteken nié die regering beplan om sy bates te privatiseer nie.
Daadwerklike optrede is nodig om die ekonomiese skade wat weens uitgediende infrastruktuur gely word om te keer.