Die voormalige ANC-LP en staatskapingsfluitjieblaser, Vytjie Mentor, is ná ‘n lang siekbed oorlede. Maroela Media berig voorts die 58-jarige Mentor was sedert 2020, met ActionSA se totstandkoming, ‘n lid van dié party. ActionSA se president, Herman Mashaba, het Dinsdagoggend gesê Mentor was vir ‘n geruime tyd siek. Hy het herinner dat Mentor die eerste was om dit wat ons ‘staatskaping’ noem, openbaar te maak. Sy was van 2002 tot 2014 ‘n lid van die parlement voordat sy by ActionSA aangesluit het. Sy was een van die eerste politici wat voor die Zondo-kommissie na staatskaping getuig het en het onder meer aangevoer dat die Gupta-familie haar ‘n kabinetspos aangebied het.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×