Die tesourie ontken gerugte dat die staat van plan is om die staatspensioenfonds se geld te gebruik om van Eskom se skuld oor te neem. Die Vereniging van Staatsamptenare, of VSA, het hierdie week die gerugte onthul en het gesê hulle glo dat die staat nie eerlik is oor waar die geld vir die oorneem van Eskom se skuld vandaan gaan kom nie. Die VSA beweer dat die staat al lank oor die idee praat om die staatspensioenfonds hiervoor aan te wend. Die tesourie het egter Donderdag aan Netwerk24 gesê dat daar geen sprake hiervan is nie.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×