President Cyril Ramaphosa se sesde staatsrede, het gisteraand sonder voorval in die Kaapstadse stadsaal verloop. Ramaphosa het nie doekies omgedraai oor die uitdagings wat Suid-Afrika in die gesig staar nie, maar het onderneem dat stappe gedoen word om die demokrasie te versterk. Volgens Ramaphosa is die grootste bedreigings vir die ekonomie, struktureel van aard. Hy het spesifiek die elektrisiteitskrisis by Eskom, uitdagings wat die doeltreffendheid van die spoornetwerk belemmer, en toegang tot skoon water uitgesonder. Ramaphosa het ook verder gesê daar sal binnekort weggedoen word met die ramptoestand en het ook versekering gegee dat diegene wat verantwoordelik was vir statskaping gestraf sal word.

 

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×