Die direkteur-generaal van die Staatsveiligheidsagentskap, of SSA, ambassadeur Thembisile Cherly Majola, het na twee jaar in die pos bedank. Volgens president Cyril Ramaphosa se woordvoerder, Vincent Mangwenya, sal Majola se bedanking vanaf 30 November van krag wees. Majola het vanaf Maart verlede jaar by die SSA gewerk. Sy was voorheen die adjunk-minister van energie en was ambassadeur in Senegal, Mauritanië en Gambië . Sy het ook verskeie poste in die presidensie beklee. Magwenya sê die president het die bedanking aanvaar en Majola sterkte toegewens.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×