Die portefeuljekomitee vir hoër onderwys sê daar moet orde en stabiliteit kom by die Nasionale Finansiële Hulpskema vir Studente.
Die hulpskema is onlangs onder administrasie geplaas. Daar is terugvoer aan die portefeuljekomitee verskaf oor die administrateur se vorderingsverslag.
Die jongste inligting oor die befondsing van hoëronderwysstudente word ook hierin vervat. Die portefeuljekomitee vra onder meer dat leefstyloudits gedoen moet word van nuwe raadslede wat by die hulpfonds aangestel word.
Die administrateur, Freeman Nomvalo, sê kommer heers ook oor die effektiwiteit van die hulpfonds se inligting- en kommunikasiestelsel.