Die Tshwane-metropolisie sê niemand is nog in hegtenis geneem in verband met ‘n voorval waarin munisipale voertuie aan die brand gesteek is nie. Volgens die metropolisie is vier voertuie, waaronder ‘n bakkie en ‘n watertenkwa van die Tshwane-metro, gister buite die munisipale depot in Pretoria-Wes aan die brand gesteek. Die munisipaliteit sê egter aan die SAUK hy dra slegs kennis van twee beskadigde voertuie. Minstens drie van die metro se werkers is aangerand, onder wie twee in die hospitaal opgeneem is vir behandeling. ‘n Woordvoerder van die Tshwane-metropolisie, Isaac Mahamba sê die moontlikheid dat die voorvalle verband hou met die voortslepende staking, word nie uitgesluit nie.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×