Arbeidsverwante stakings in Suid-Afrika het verlede jaar ‘n geringe afname getoon. Volgens Casual Workers Advice Office is daar verlede jaar 83 aangeteken, teenoor die 86
arbeidsverwante stakings in 2022.
Meeste van verlede jaar se stakings is die gevolg van loongeskille, en ongeveer die helfte hiervan is deur openbaresektor-werkers gehou. Nog redes vir stakings sluit die vraag na permanente poste in, asook versoeke vir die verlenging van kontraktermyne. In 2018 is 165 arbeidsverwante stakings in Suid-Afrika aageteken.