Talle Standard Bank-kliënte het die afgelope paar dae op sosiale media gekla oor ongeremagtigde aftrekings uit hul rekeninge uit.

Een so ‘n kliënt beweer vandag op Facebook dat haar 75-jarige pa se hele pensioen uit sy rekening verdwyn het en dat hulle die bank se toep gebruik het om sy kaarte te stop. Die talle klagtes het daartoe gelei dat kliënte na bewering vir meer as ‘n uur op Standard Bank se bedroglyn aangehou is.

Volgens ‘n berig op My Broadband het Standard Bank egter daarop aangedring dat daar geen oortreding van sy stelsels was nie, en blameer die lang aanhou op die bedroglyn aan die styging in transaksies aan die einde van die maand.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×