STATEBOND SPELE – Met ‘n skouspelagtige openings seremonie is die 22ste Statebondspele gisteraand amptelilk in Birmingham geopen met 72 nasies wat in 19 sportsoorte gaan meeding vir die Goud, Silwer en Brons medalje.

Die eerste dag begin met rolbal wat die Paralimpiese spelers ook insluit terwyl daar ook in pluimbal, hokkie, 7’s rugby, T20 krieket, tafeltennis, gewigoptel en nog ‘n verskeidenheid van sportsoorte meegeding gaan word.

Suid-Afrika se Olimpiese goue medalje wenner in die 200m borsslag by die Tokio Spele – Tatjana Schoenmaker – sal haar visier op die goud ingestel hê terwyl die veteraan Chad le Clos wil wys dat hy nog kan saam gesels met die wêreld se beste swemmers.

Rosestad Sport sal jou ook daagliks op hoogte hou met die jongste uitslae en opslae vanaf Birmingham.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×