STATEBONDSPELE – Span Suid-Afrika kon nie vir ‘n beter begin by die Statebondspele voor gevra het nie toe Lara van Niekerk en Pieter Coetzè dubbelgoud in die swembad verower het.

Dit was ‘n geval van dames eerste toe Van Niekerk die 1ste plek in die 50m borsslag verower het en dit ook in ‘n nuwe Statebond rekordtyd van 29.73s. Die ander Suid-Afrikaners in die finaal Tatjana Schoenmaker en Kaylene Corbett wat op die langer formaat in diè item fokus het onderskeidelik 4de en 6de geëindig.

Later het Coetzè ook sy veldtog vir trippel goud begin toe hy sy land se 2de goue in die 100m rugslag verower het in ‘n tyd van 53.78s wat .13-van- ‘n-sekonde vinniger as Engeland se Brodie Williams was en het ook .28-sekondes voor Bradley Woodward van Australië geëindig.

Die Aussies het reeds 13 goue medaljes verower gevolg deur Nieu-Seeland met 7 en die gasheer Engeland se 5 goues.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×