STATEBONDSPELE – Suid-Afrika het nog ‘n goue medalje ingepalm nadat Michaela Whitebooi in die Judo o/48kg divisie met die louere weggestap het.

Michaela wat haar land se enigste deelnemer in diè item was het die geveg teen Shushila Devi van Indië met ‘n Waza-ari beklink wat die 2de hoogste punt in diè sportsoort is terwyl Charne Griesel die brons medalje in die o/52kg gewigsklas gewen het.

Pieter Coetzè het sy goue medalje in die 100m rugslag opgevolg met ‘n silwer in die 50m terwyl Erin Gallagher ook in die dames afdeling dieselfde prestasie behaal het. Die Paralimpiese swemmer en vlagdraer tydens die opening seremonie Christiaan Sadie het die 3de plek behaal in die 50m vryslag Klas S7 terwyl Caitlin Rooskrantz ook die brons igepalm op die ongelyke brug-item in Artistieke Gimnastiek.

Span Suid-Afrika se medaljes staan nou op 5 Goud , 3 Silwer en 4 Brons.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×