STATEBONDSPELE – Die Afrika kampioen van Kenia Ferdninand Omanyala het sy naam in die rekordboeke herskryf toe hy sy land se eerste goue medalje in 60 jaar by die Statebondspele gewen het.

Die 26-jarige Omanyala was soos weerlig uit die blokke in die 100m finaal toe hy in ‘n tyd van 10.02s oor die wenstreep gehardloop het met die verdedigende kampioen Akani Simbine wat .011s agter hom die silwer opgeraap het terwyl Yupun Abeykoon van Sri Lanka in die 3de plek geëindig het.

En Suid-Afrika se swemmers het ook hul deelname aan die Spele afgesluit met Lara van Niekerk se 2 goue medaljes terwyl Tatjana Schoenmaker en Pieter Coetzè ook elk met eerste plekke gespog het. Silwer was gewen deur Erin Gallagher , Chad le Clos asook Schoenmaker en Coetzè terwyl Kaylene Corbett , Christiaan Sadie en Pieter Coetzè ook elk met ‘n Brons medalje terugkeer huistoe.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×