BIRMINGHAM – Met die Statebondspele wat einde se kant toe staan het Suid-Afrika goed gevaar en ‘n totaal van 22 medaljes ingepalm – 7 Goud , 7 Silwer en 8 Brons.

Ndodomzi Ntutu het gister nog ‘n goue gewen toe hy die 1ste plek in die 100m T11/12 klas behaal het terwyl ‘n oud leerling van Hoërskool Fichardtpark Jovan van Vuuren ook die brons medalje in die finaal van die verspring-item gewen het.

Nog ‘n plaaslike atleet wat Bloemfontein se naam hoog gehou het was Yolandi Stander – ‘n onderwyseres van die Hoërskool Fichardtpark – wat ‘n 6de plek in die finaal van die diskusgooi behaal het.

Australië is tans in die 1ste plek met 50 goue medaljes terwyl die gasheer Engeland spog met 42 en Kanada ook 17 keer reeds die 1ste plek op die podium beklee het.

Die Spele se afsluiting seremonie is Maandagaand 21:00 (SA Tyd)

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×