Statistieke Suid-Afrika, of SSA, het Donderdag sy jongste algemene huishoudelike peiling van 2021 bekendgestel. Volgens dié peiling is daar steeds erge ongelykheid en armoede in Suid-Afrika. Dit toon dat altesaam 35-komma-sewe persent van Suid-Afrikaners nou afhanklik is van die een of ander soort toelaag. Die statistikus-generaal, Risenga Maluleke, het gesê dit is die hoogste persentasie tot nog toe. In 2003 was slegs 12-komma-agt persent mense afhanklik van toelaes, maar dit het jaar-tot-jaar toegeneem. SSA het gesê die Covid-19-pandemie het werkloosheid die hoogte laat inskiet en dat die afhanklikheid van die R350-Covid-toelaes tot die styging in die jongste syfers bydra.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×