Statistieke Suid-Afrika sê ‘n hersiene raming toon dat Suid-Afrika se bruto binnelandse produk in 2020 11-persent meer is as die vorige raming

 Statistieke Suid-Afrika sê ‘n hersiene raming toon dat Suid-Afrika se bruto binnelandse produk in 2020,11-persent meer is as die vorige raming van vierduisend-973 miljard rand was die nuwe syfer is vyf-duisend-521 miljard rand. Dit volg nadat Statistieke Suid-Afrika die basisjaar waarop berekeninge geskoei word, van 2010 tot 2015 verander het. Die gewigte van verskillende bedrywe is ook aangepas. Statistieke Suid-Afrika sê die omvattende aanpassingsproses is in lyn met internasionale praktyke. Die hoofdirekteur van Statistieke Suid-Afrika, Michael Manamela sê volgens die aanpaste syfers het die ekonomie verlede jaar met ses-komma-vier persent ingekrimp.  Dit is ‘n effens verbetering op die aanvanklik raming van ‘n 7-persent inkrimping. Manamela, sê die ernstige impak van Covid-19 op die ekonomie in 2020 word deur die aanpassingsoefening bevestig

Luister na potgooie hieronder