Meer dogtertjies is op Nuwejaarsdag 2025 gebore as seuntjies.

Volgens die Vrystaat se Departement van Gesondheid is ’n totaal van 85 babas in die provinsie se hospitale gebore.

Van hulle was 52 dogtertjies en 33 seuntjies.

Die eerste baba, ’n dogtertjie, is om 00:01 in Trompsburg gebore, en die laaste baba, ook ’n dogtertjie, is om 23:30 in Winburg gebore.

The Citizen berig dat Gauteng meer as 200 nuutgeboortes gehad het, maar die LUR vir Gesondheid in die Oos-Kaap, Ntandokazi Capa, het haar skok uitgespreek oor die jongste ma wat slegs 12 jaar oud is, terwyl die pa 17 jaar oud is.

Volgens News24 se statistieke is byna 1450 babas op Nuwejaarsdag gebore, waarvan byna 51% dogtertjies is.

Provinsie Seuntjies Dogtertjies Totaal
Gauteng 195 192 387
Oos-Kaap 106 113 219
Limpopo 104 87 191
Kwazulu-Natal 72 113 185
Mpumalanga 78 76 154
Vrystaat 33 52 85
Noord-Wes 49 40 89
Noord-Kaap 18 19 37
Wes-Kaap 58 43 101
713 735 1448
49,24% 50,76%
error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×