Lede van die Vrystaatse wetgewer het gister weer vuurwarm om die boordjie geraak, hierdie keer, die EFF, toe die duur begrafnis van die ontslape LUR vir Onderwys, Tate Makgoe, in die wetgewer bespreek is. Dié keer het die EFF ‘n mosie van wantroue teen die Vrystaatse premier, Mxolisi Dukwana ingestel wat hulle verantwoordelik hou vir die uitspattige uitgawes van R3,5 miljoen vir die begrafnis. Netwerk 24 berig die mosie is egter van die tafel afgevee nadat Keketso Makume, Vrystaatse LUR vir Cogta, gesê het die mosie het nie betrekking op uitvoerende amptenare soos die premier nie want hy is nie verantwoordelik vir die verkrygingsafdeling nie. Makume het gesê die ANC het self die begrafniskoste aan die inkomstediens, die spesiale ondersoekeenheid en die ouditeur-generaal voorgelê om te hoor of hulle verkeerd opgetree het. Hulle wag nog vir antwoorde. Die EFF het aangevoer dat C-Squared wat die begrafniskontrak gekry het, verlede jaar deur die Valke ondersoek nadat hulle ook aangestel is om Macufe aan te bied. Die saak het in die hooggeregshof gedraai. Makgoe se begrafniskostes sluit ondermeer in ‘n aardige bedrag van R1,2 miljoen vir spyseniering.

 

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×