Die DA-leier, John Steenhuisen sê die party het nog nooit kaderontplooiing beoefen of ingemeng by die aanstellingsproses van openbare amptenare nie. Hy het gister tydens ‘n nuuskonferensie in Kaapstad gesê bewerings van die ANC se Bongani Baloyi, voormalige DA-burgemeester van die Midvaal-munisipaliteit, ontken dat die DA ook kaderontplooiing beoefen.
Baloyi het op X beweer geen senior personeel-aanstellings in ‘n munisipaliteit is destyds sonder die goedkeuring van die DA se federale raad se uitvoerende gesag, of Fedex, gedoen nie. Netwerk 24 berig Steenhuisen het dit ontken en gesê voordat hy in 2020 die leier geword het, sou die Fedex wel burgemeesters versoek om hulle in te lig wanneer topvlak-aanstellings gedoen word. Die is gedoen om nepotisme te voorkom.