Steenhuisen sê politieke partye sal by die nuwe normaal tydens die pandemie moet aanpas

Die DA-leier, John Steenhuisen het kommentaar gelewer  oor die Grondwethof se beslissing dat die plaaslike verkiesing nog vanjaar moet plaasvind, volgens Steenhuisen sal politieke partye by die nuwe normaal tydens die pandemie moet aanpas. Die hof het gister beslis dat die verkiesing voortgaan en tussen 27 Oktober en 1 November moet plaasvind. Talle partye waaronder die ANC, EFF en die IVP het die OVK se aansoek om die verkiesing uit te stel, gesteun. Die OVK het aangevoer dat die verkiesing weens die coronaviruspandemie nie vry en regverdig sou wees nie. Die Hof het die OVK egter opdrag gegee om binne drie dae aan te dui of dit prakties moontlik is om nog ‘n kieserregistrasie-naweek te hou. 

Luister na potgooie hieronder