‘n Boete van bykans ‘n halfmiljard rand, is deur die Gedragsowerheid vir Finansiële Dienste aan Markus Jooste opgelê.

Volgens Netwerk24 sê die gedragsowerheid die boete is uitgereik vir finansiële state wat glo vals en misleidend was, en dat Jooste redelikerwys hiervan bewus moes wees. Die misleidende inligting het tot honderde miljarde rand se verliese vir beleggers, en ook vir pensioenfondse gelei.

‘n Strafregtelike klagte gaan ook by die Valke ingedien word, om gevoeg te word tot die groter bedrogondersoek na Jooste, die voormalige uitvoerende hoof van die ineengestorte Steinhoff-groep.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×