Die Finansiëledienste-tribunaal het die jongste appèl van die sakeman Markus Jooste van die hand gewys.
Die tribunaal handhaaf sanksies wat deur die Johannesburgse Aandelebeurs, of JSE, aan Joost opgelê is.
Die voormalige uitvoerende hoof van Steinhoff, is met 15 miljoen rand beboet.
Hy word ook verbied om vir die volgende 20 jaar vir enige genoteerde maatskappy te werk.
Steinhoff sal môre van die Johannesburgse en Frankfurtse aandelebeurs gedenoteer word.