Die seun van een van die stigterslede van Hamas wat hom tot die Christendom bekeer het, het ‘n beroep op Israel gedoen om ‘n tydsbeperking in te stel sodat alle gyselaars in Gaza vrygelaat word. Mosab Hassan Joesef, het bygevoeg indien Hamas dit nie doen nie, al hul top-leiers asook sy pa, sjeik Hassan Joesef, in tronke tereggestel moet word. Die 45-jarige Mosab het in ‘n video op sosiale media gesê hy is grootgemaak om in sy pa se voetspore te volg maar het die ideologie begin bevraagteken. Hy het ‘n aanbod van die Israeliese veilgheidsdiens, Shin Bet, aanvaar om ‘n informant te word. Sodoende het hy baie inligting verskaf wat terreurselle ontbloot het en talle selfmoord-bomaanvalle en sluipmoord-aanvalle gefnuik het. 

Intussen is 14 Palestyne dood sedert die skietstilstand vanoggend geëindig het. Die premier van Israel, Benjamin Netanyahu, het aan BBC gesê Hamas het nie ingestem om nog gyselaars vry te laat nie wat die bepalings van die skietstilstand geskend het. Israel bly daartoe verbind om Hamas uit te wis en te verseker dat Gaza nooit ‘n bedreiging vir die inwoners van Israel inhou nie, het hy gesê.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×