Twee eerstejaarstudente wat rekenaarwetenskappe aan die Universiteit Stellenbosch studeer, het grootskaalse bedrog van die Suid-Afrikaanse Agentskap vir Maatskaplike Sekerheid (Sassa) moontlik ontbloot.
Netwerk24 berig dat die seuns, Joel Cedras en Veer Gosai, beweerde bedrog ontbloot het wat spesifiek betrekking het op die R370-noodtoelae wat in 2020 tydens die Covid-19-pandemie ingestel is.
Hulle het bevind dat wanneer hulle wou aansoek doen vir die noodtoelae deur hul ID-nommers in te voer, dit gewys het dat hulle reeds geregistreer is en glo al uitbetalings ontvang het.
Die besonderhede op die profiel wat vir hulle geskep is, behoort nie aan hulle nie en hulle het nog nooit sulke uitbetalings ontvang nie.
Hulle het die voorval getoets met 60 van hul medestudente en gevind dat 56 reeds geregistreer was sonder hul medewete.
1 Comment
Comments are closed.