Elon Musk, eienaar van Twitter, het aangekondig dat stem- en video-oproepe binnekort op dié platform beskikbaar gaan wees.

Maroela Media berig volgens ‘n twiet van Musk sal die nuwe funksie sorg dat gebruikers met enigiemand op enige plek ter wêreld kan gesels – en dít sonder om hul selfoonnommer te deel.

Musk het glo aangevoer dat die WhatsApp-boodskapdiens, wat deur Meta bedryf word, “nie vertrou kan word nie”.

ʼn Boodskapfunksie sal beteken dat Twitter met ʼn verskeidenheid van ander gratis dienste kan meeding, waaronder Messenger, Signal, Telegram en natuurlik WhatsApp.

Twitter sal ook vandag begin om direkte boodskappe te enkodeer om gebruikers se privaatheid te beskerm.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×