Die departement van basiese onderwys vat hande met die Onafhanklike Verkiesingskommissie om stemgeregtigde leerlinge toe te lig oor die land se demokrasie, teen die agtergrond van die verkiesing.
Die demokrasie-opvoedingsprogram vir skole, het ook ten doel om die stemproses aan leerlinge te verduidelik.
Die Gautengse LUR vir onderwys, Matome Chiloane, doen ‘n ernstige beroep op alle geregistreerde leerders om die reg om te stem uit te oefen.