Stephen van Coller, die bestuurshoof van EOH Holdings, sal na verwagting vandag voor die staatkaapingskommissie getuig

Stephen van Coller, die bestuurshoof van EOH Holdings, sal na verwagting vandag voor die staatkaapingskommissie in Johannesburg getuig.
EOH is ‘n tegnologiemaatskappy wat voorheen met staatsdepartemente – insluitende die departement van Verdediging – kontrakte gehad het.
Intussen is daar druk op adjunkhoofregter, Raymond Zondo, om op te tree teenoor oudpres.
Jacob Zuma en ‘n dagvaarding vir sy inhegtenisname te laat uitreik.
Zuma wat verlede week sonder toestemming uit ‘n sitting gestap het word as ‘n strafregtelike oortreding geag.
Zuma het die sitting verlaat nadat Zondo beslis het dat hy nie sy posissie as voorsitter van die kommissie sal opgee nie.

Luister na potgooie hieronder