Die SA Spaza vereniging het gesê die onlangse sterftegevalle van kinders wat na bewering vrot produkte gekoop en geëet het, is besig om klein winkels negatief te beïnvloed. Vyf kinders is die afgelope week is twee afsonderlike gevalle dood. ENW berig drie kinders is in Soweto dood nadat hulle ‘n pakkie pienk koekies by ‘n Spaza winkel gekoop het. Aan die Wes Rand is twee kinders dood nadat hulle kraak-happies by ‘n straatverkoper naby die taxi-staanplek in Ethembeni gekoop het. Die polisie ondersoek steeds die sterfgevalle van die kinders.

INTUSSEN, het navorsing in 2017 getoon dat 72% spaza winkels deur buitelanders bedryf word. Die Spaza vereniging se onder-voorsitter, Michael Ramothopo, het aan ENW gesê plaaslike winkel-eienaars kan nie met die laer pryse van buitelanders meeding nie. Die ANC se sekretaris-generaal, Fikile Mbalula het in September gesê die party kyk na wetgewing sodat slegs Suid-Afrikaners klein besighede mag besit. 

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×