Sterftes as gevolg van Covid-19 het die 40-duisend kerf verbygesteek

 Sterftes as gevolg van Covid-19 het die 40-duisend kerf verbygesteek. Die Ministerie van Gesondheid het in ‘n verklaring gesê die dodetal het in die jongste verslagperiode met 575 gestyg tot 40,076. Daarvan is 166 sterftes in Gauteng aangemeld, 133 in KwaZulu-Natal, 129 in die Oos-Kaap, terwyl 77 sterftes in die Wes-Kaap bevestig is. Nuwe coronavirus-gevalle het in dieselfde tydperk met 11,761 gestyg tot ‘n totaal van eenmiljoen 392,568. Die herstelkoers staan op 86 persent.

Luister na potgooie hieronder